“Respekteer die huwelik in alle omstandighede.
Wees getrou aan julle huweliksmaats.”
Heerbrews 13:4

Verwelkoming
Die visie van VIR JESUS is om ons samelewing oor kerk grense heen, op te roep om tot God terug te keer.
Om dit te kan verwesenlik moet ons begin by die huwelik wat die basis vorm van
gesinne en verhoudings in jou gesin.
‘n Gesonde HUWELIK, beteken ‘n gesonde GESIN wat ‘n gesonde SAMELEWING beteken!
Die huwelik wat ‘n verbond is tussen man en vrou dien as model van ons verhouding met Jesus Christus.
Ons wil egpare binne die huwelik gees, siel en liggaam aan mekaar verbind.
Sulke pare word aangemoedig om weer op hulle beurt na hul gesinne, families en vriende te gaan
met die boodskap van vergifnis en hoop tot Hy kom!
