df70cd_8063979e0b384907bd145b2db5ed305e_mv2

HUWELIK VIR JESUS

Die huwelik wat ‘n verbond is tussen man en vrou dien as model van ons verouding met Jesus Christus.

Die huwelik is ‘n instelling van God (Gen.2:18-25) en is ook ‘n model van ons verhouding met Jesus Christus (Ef. 5:22-27). Hoe dit met jou huwelik gaan is ‘n duidelike aanduiding van jou persoonlike verhouding met jou hemelse Bruidegom Jesus Christus. Dit is duidelik dat ons aardse huwelike onder geweldige druk en aanvalle van die vyand verkeer.

Daar is te veel Christelike huwelike wat in die skeihof eindig en kinders wat in die middel van twee strydende ouers beland, vir wie hul tog baie lief is.

God se hardklop vir die huwelik, is ‘n gelukkige man en vrou wat Godvreesende kinders grootmaak, ‘n gesin wat saam met Joshua kan sĂȘ:

“Ek en my huis, ons sal die Here dien”

Daar bestaan nie ‘n probleemvrye huwelik nie, maar sodra pare die onvoorwaardelike liefde en vergifnis wat Jesus vir ons gebring het verstaan, en dit hul eie maak, kan ons dit net so aan mekaar bewys.

Die mens is gees, siel en liggaam.

Dus moet man en vrou gees, siel en liggaam aan mekaar verbind wees. Met God die Vader, Jesus Christus en die Heilige Gees in-een gevleg (Joh.17:21)

…so ‘n driedubbele lyn word nie gou verbreek nie (Pred.4:12b).

Op ons huweliksverrykings kamp help ons julle met so ‘n verbintenis. Op ‘n veilige, vertroulike manier help ons julle om ontslae te raak van die bagasie van die verlede en Jesus gee jul kans vir ‘n splinter nuwe begin.

Contact Us

We're not around right now. But you can send us an email and we'll get back to you, asap.

Not readable? Change text. captcha txt